Herunterladen Inhalt Inhalt Diese Seite drucken

Paar Wenke Vir Gebruik Van Stembeheer; Waarvoor Stembeheer Gebruik Kan Word - TomTom GO 40 Bedienungsanleitung

Inhaltsverzeichnis

Werbung

'n Rooi balk beteken jou stem is só hard dat stembeheer nie individuele woorde kan herken
nie.
'n Donkerblou balk beteken jou stem is só sag dat stembeheer nie individuele woorde kan
herken nie.
'n Paar wenke vir gebruik van stembeheer
Jy kan jou GO help om te verstaan wat jy sê deur die volgende wenke te volg:
Monteer jou GO ongeveer 'n armlengte weg van jou af en nie naby die klankstelsel se
luidsprekers of die voertuig se ontlugters nie.
Verdoof agtergrondgeluide soos stemme of die radio. As daar oormatige padgeraas is, mag dit
nodig wees om jou stem in die rigting van die mikrofoon te mik.
Praat sonder om te stotter en so natuurlik soos wanneer jy met 'n vriend sou gesels.
Wanneer jy 'n adres sê, probeer om nie tussen dele te pouseer nie en moet ook nie ekstra
woorde byvoeg nie.
Sê "nommer een" of "nommer twee" en nie "een" of "twee" nie wanneer 'n item soos 'n
huisnommer uit 'n lys gekies word.
Doen jou bes om nie foute te moet regstel nie. 'n Voorbeeld sou wees: "Vier, ag ek bedoel
nommer vyf".
Belangrik: Stembeheer op jou GO is uitsluitlik bedoel vir gebruikers van 'n gekose moedertaal wat
daardie taal sonder 'n merkbare aksent praat. As jou aksent streng streeksgebonde is of as jy 'n
vreemde aksent het, sal stembeheer dus dalk nie alles wat jy sê, verstaan nie.

Waarvoor stembeheer gebruik kan word

Om die volledige lys van die beskikbare bevele te sien, kies Hulp in die Hoofkieslys. Kies dan
Stembeheer gevolg deur Watter bevele kan ek sê?.
Wanneer stembeheer aangeskakel is, kan jy ook "Alle bevele" sê om 'n lys van alle beskikbare bevele
te sien.
Hier volg 'n paar voorbeelde van die bevele wat jy kan sê wanneer stembeheer aangeskakel is:
Universele bevele
"Hulp", "Terug", en "Kanselleer"
Navigasie en roete
"Huis toe" en "Reis via huis"
"Gaan na parkeerterrein" en "Gaan na 'n vulstasie"
"Ry via 'n parkeerterrein" en "Ry via 'n vulstasie"
"Wys My plekke" en "Onlangse bestemmings"
"Reis via 'n onlangse bestemming", en "Reis via 'n gestoorde plek"
"Rapporteer kamera"
"Wanneer gaan ek daar aankom?"
"Merk die huidige ligging"
"Voeg huidige ligging by My plekke"
"Wis roete"
"Wat is die volgende instruksie?"
Soek 'n spesifieke PVB
"Vind Starbucks"
Toestel se instellings
"Volume 70%", "Volume harder", en "Volume sagter"
87

Werbung

Inhaltsverzeichnis
loading

Inhaltsverzeichnis