Herunterladen Inhalt Inhalt Diese Seite drucken

TomTom GO 40 Bedienungsanleitung Seite 122

Inhaltsverzeichnis

Werbung

Gehoorsaam die reëls van die pad.
Gebruik altyd jou flikkerligte.
Elke 2 ure, neem 'n blaaskans vir minstens 10 minute.
Hou jou sitplekgordel aan.
Handhaaf 'n veilige afstand van die voertuig voor jou.
Voordat 'n motorfietsrit onderneem word, maak seker dat jou valhelm korrek vasgegespe is.
Indien jy 'n motorfiets ry, dra altyd beskermende klere en toerusting.
Wanneer 'n motorfiets gery word, wees ekstra waaksaam en bestuur altyd verdedigend.
Gradering: DC5V, 1.2A
Hoe TomTom jou inligting gebruik
Besonderhede oor die gebruik van persoonlike inligting kan gevind word by tomtom.com/privacy.
Battery
Hierdie produk gebruik 'n litium-ioon-battery.
Moenie in 'n vogtige, nat en/of korroderende omgewing gebruik nie. Moenie jou produk op 'n plek
met 'n hoë temperatuur, in sterk direkte sonlig, in of naby 'n hittebron, in 'n mikrogolfoond of in 'n
drukhouer plaas, berg of los nie en moenie dit aan temperature van meer as 50 °C (122 °F) blootstel
nie. Nalating om aan hierdie riglyne te voldoen, kan tot gevolg hê dat die battery suur lek, warm
word, ontplof of ontvlam en beserings en/of skade veroorsaak. Moenie die battery prik, oopmaak of
uitmekaarhaal nie. As die battery lek en jy in kontak kom met die vloeistof wat uitgelek het, spoel
deeglik met water af en verkry dadelik mediese bystand. Om veiligheidsredes, en om die leeftyd
van die battery te verleng, verwyder jou produk uit jou voertuig wanneer jy nie ry nie en hou dit in
'n koel, droë plek. Die battery sal nie laai by lae (onder 32°F / 0°C) of hoë (bo 113°F / 45°C)
temperature nie.
Temperature: Standaardgebruik: 32°F / 0°C tot 113°F / 45°C; korttermyn-berging: -4°F / -20°C tot
122°F / 50°C; langtermyn-berging: -4°F / -20°C tot 95°F / 35°C.
Belangrik: Voordat jy die toestel aanskakel, laat minstens 'n uur toe sodat die toestel tot binne
die speling tussen standaardbedryfstemperature kan akklimatiseer. Moenie die toestel buite die
speling tussen hierdie temperature gebruik nie.
Waarskuwing: Kan ontplof indien battery met verkeerde tipe vervang word.
Moenie die niegebruikerverwyderbare battery verwyder of probeer verwyder nie. Indien jy 'n
probleem met die battery ervaar, kontak asseblief TomTom se kliëntesteundiens.
DIE BATTERY WAT BY DIE PRODUK INGESLUIT IS, MOET HERWIN WORD OF DAAR MOET BEHOORLIK
DAARMEE WEGGEDOEN WORD OOREENKOMSTIG PLAASLIKE WETTE EN REGULASIES EN MOET
AFSONDERLIK VAN HUISHOUDELIKE AFVAL GEHOU WORD. DEUR DIT TE DOEN, SAL JY HELP OM DIE
OMGEWING TE BEWAAR. GEBRUIK JOU TOMTOM-TOESTEL NET MET DIE GS-KRAGKABEL
(MOTORLAAIER/BATTERYKABEL), WS-OMSETTER (TUISLAAIER) WAT VOORSIEN WORD, IN 'N
GOEDGEKEURDE WIEG OF DEUR DIE VOORSIENE USB-KABEL TE GEBRUIK OM DIE BATTERY TE LAAI
DEUR DIE TOESTEL AAN 'N REKENAAR TE KOPPEL.
As jou toestel 'n laaier benodig, gebruik asseblief hierdie toestel met die laaier wat voorsien word.
Vir vervanginglaaiers, gaan na
tomtom.com
vir inligting oor goedgekeurde laaiers vir jou toestel.
122

Werbung

Inhaltsverzeichnis
loading

Inhaltsverzeichnis