Herunterladen Inhalt Inhalt Diese Seite drucken

TomTom GO 40 Bedienungsanleitung Seite 123

Inhaltsverzeichnis

Werbung

Die gemelde batterylewe is 'n maksimum moontlike batterylewe. Die maksimum batterylewe sal
slegs onder spesifieke atmosferiese toestande behaal word. Die beraamde maksimum batterylewe
word gegrond op 'n gemiddelde gebruikersprofiel.
Vir wenke oor die verlenging van die batterylewe, kyk die VVV: tomtom.com/batterytips.
CE-sertifisering
Hierdie toerusting voldoen aan die vereistes vir CE-sertifisering wanneer dit in 'n residensiële,
kommersiële, voertuig- of ligte industriële omgewing gebruik word en voldoen aan al die toepaslike
bepalings van die tersaaklike wetgewing in die EU.
Toestelle met 'n GPRS-module word onderskei deur:
Modelnommers: 4FL50, 4FL60
Toestelle sonder 'n GPRS-module word onderskei deur:
Modelnommers: 4FB40, 4FA50, 4FA60, 4FC64, 4FC54, 4FC43
R&TTE-direktief
TomTom verklaar hiermee dat TomTom se produkte en toestelle aan die tersaaklike vereistes en
ander bepalings van EU-direktief 1995/5/EC voldoen. Die verklaring van nakoming kan hier bekyk
word: tomtom.com/legal.
WEEE-voorskrif
Hierdie wielietjiesblik-simbool op die produk of sy verpakking dui aan dat hierdie produk nie as
huishoudelike afval behandel moet word nie. Ooreenkomstig EU-voorskrif 2012/19/EU vir
wegdoenbare elektriese en elektroniese toerusting (WEEE), moet daar nie met hierdie elektriese
produk as ongesorteerde munisipale afval weggedoen word nie. Raak asseblief van hierdie produk
ontslae deur dit aan die verkoopspunt terug te gee of by jou plaaslike munisipaliteit se afhaalpunt
vir herwinning te besorg. Deur dit te doen, sal jy help om die omgewing te bewaar.
Triman-logo
123

Werbung

Inhaltsverzeichnis
loading

Inhaltsverzeichnis