AFRIKAANS
BELANGRIK: LEES ASSEBLIEF HIERDIE INSTRUKSIES NOUKEURIG VÓÓR GEBRUIK EN
HOU DIT OM IN DIE TOEKOMS TE RAADPLEEG.
WAARSKUWINGS
+ Moet nooit jou kind sonder toesig laat
nie.
+ Maak seker dat al die sluittoestelle
gekoppel is vóór gebruik.
+ Om besering te vermy, maak seker dat
jou kind weggehou word wanneer jy
dié produk oop- en toevou of verstel.
+ Moenie jou kind toelaat om met hierdie
produk te speel nie.
+ Hierdie sitplekeenheid is nie geskik vir
kinders onder 6 maande nie.
+ Gebruik altyd die weerhoudingstelsel.
+ Maak seker dat die aanhegtoestelle vir
die bababedjie-, sitplek- of karstoeltjie-
eenhede korrek aangesluit is vóór
gebruik.
+ Dié produk is nie geskik vir hardloop of
skaats nie.
+ Die Joolz Hub -bababedjie en
sitplekeenhede is slegs verenigbaar met
die Joolz Hub-onderstel en omgekeerd.
+ Moenie 'n ekstra matras gebruik nie.
+ Enige lading wat aan die kante of
stuur van die Joolz Hub -stootwaentjie
gehang word, kan die stabiliteit
daarvan affekteer.
+ Die Joolz Hub -bababedjie of
sitplekeenhede kan elk net een
passasier dra.
+ Gebruik net liggaamsitplekke,
karstoeltjies, vervangingsonderdele en
bybehore wat deur Joolz goedgekeur
is.
80
Joolz - Hub - Manual - chassis + seat - EMEA.indd 80-81
+ Vir karstoeltjies in kombinasie met
die Joolz Hub-onderstel; dié voertuig
vervang nie 'n bababedjie of 'n bed
nie. As dit nodig word vir jou kind om
te slaap moet hy/sy in die Joolz Hub
stootwaentjie-onderstel-, bababedjie of
'n bed neergelê word.
+ Moenie die stootwaentjie gebruik as
enige van die onderdele beskadig,
geskeur of weg is nie.
+ Gebruik altyd die rotasieslot op die
voorwiele wanneer die stootwaentjie
toegevou word. Versuim om dit te doen
kan lei tot obstruksie van die bande,
wat vervorming kan veroorsaak, veral
in 'n warm omgewing.
+ Koppel altyd die remme wanneer
kinders in die waentjie geplaas, of
daaruit gehaal word.
+ Moenie bybehore wat nie deur Joolz
beskikbaar gestel word nie, gebruik
nie.
+ Gebruik slegs onderdele wat deur Joolz
verskaf of aanbeveel word.
+ Dié sitplek is bedoel vir kinders van 6
maande tot 'n maksimum gewig van 15
kg.
+ Vermy ernstige beserings as gevolg van
val of uitgly
+ Deur pakkies, bykomende items en/of
ekstra gewig by te sit, kan gevaarlike
onstabiele toestande veroorsaak word.
ONDERHOUD /
WASINSTRUKSIES
Maak die materiaal met louwarm water en seep skoon.
Spoel dit met vars water en laat dit droog word. Moet
nooit bleikmiddels of ander chemiese reinigers gebruik
nie. Behandel die wiele en metaaldele periodiek
(ongeveer een keer per maand) met Teflon- of
silikonsproei om seker te maak dat die stootwaentjie
aanhou om glad te loop.
Die aluminiumdele van jou Joolz Hub-stootwaentjie
is geanodiseer om dit te beskerm teen eksterne
invloede soos korrosie. Geanodiseerde aluminium-
onderdele kan beskadig word deur suurreinigers of
vetterigheid, en dit kan vlekke of verkleuring van die
aluminiumonderdele veroorsaak. Daarom raai ons jou
aan om die aluminiumonderdele van jou stootwaentjie
met warm water en 'n sagte doek skoon te maak.
WAARBORG
Die waarborgperiode van 24 maande begin
op die dag van aankoop. Die waarborg dek
vervaardigingfoute, maar nie die omruil of teruggee
van die produk nie. Die waarborg is slegs geldig as jy
die volgende items aan jou handelaar beskikbaar stel,
saam met die defektiewe produk:
1) 'n voltooide en korrek-ingevulde waarborgkaart,
2) 'n afskrif van die bewys van aankoop,
3) 'n gedetailleerde beskrywing van die defek.
As die handelaar jou nie kan help met jou klagte nie,
kontak asseblief vir Joolz. Enige herstelwerk verleng nie
die waarborgperiode nie.
Die waarborgkaart is beskikbaar op joolz.com.
Voltooi asseblief dié kaart en dien dit digitaal in op die
webblad. Vul die raamnommer in; dit is op die plakker
aan die onderkant van die Joolz Hub-onderstel te kry.
DIE WAARBORG IS
ONGELDIG AS:
-
die produk teruggegee is sonder die oorspronklike
bewys van aankoop,
-
die defekte en/of skade veroorsaak is deur
verkeerde gebruik en/of deur modifikasies wat
deur die klant gemaak is,
-
die verkleurings/vlekke veroorsaak is deur was,
reën of die son,
-
die verweer en skeur die gevolg is van normale
gebruik,
-
die defek die gevolg is van die gebruik van 'n
voetplank wat nie deur Joolz Hub gesertifiseer is nie.
Veiligheid was 'n belangrike oorweging deur die hele
ontwikkelingsproses van die Joolz Hub-stootwaentjie
en -bababedjie. Derhalwe voldoen Joolz aan die
hoogste veiligheidstandaarde:
Europa: EN 1888:2012 / EN 1466:2014/AC: 2015
United States: ASTM F833-15 / ASTM F2050-16
Australia: AS/NZS 2088-2013
Besoek asseblief joolz.com, facebook.com/myjoolz of
kontak u handelaar vir enige vrae en/of kommentaar.
instruction manual
Joolz Hub
18-05-18 11:35
81