Herunterladen Inhalt Inhalt Diese Seite drucken

JOOLZ Geo 2 Gebrauchsanweisung Seite 55

Vorschau ausblenden Andere Handbücher für Geo 2:
Inhaltsverzeichnis

Werbung

AFRIKAANS
BELANGRIK: LEES ASSEBLIEF HIERDIE INSTRUKSIES NOUKEURIG VÓÓR GEBRUIK EN
HOU DIT OM IN DIE TOEKOMS TE RAADPLEEG.
WAARSKUWINGS
+ Moet nooit jou kind/kinders sonder toesig laat nie.
+ Maak seker dat al die sluittoestelle gekoppel is vóór
gebruik.
+ Om besering te vermy, maak seker dat jou kind/
kinders weggehou word wanneer jy dié produk oop-
en toevou.
+ Moenie jou kind/kinders toelaat om met hierdie
produk te speel nie.
+ Die Joolz Geo² -sitplekeenhede is nie geskik vir
kinders onder 6 maande nie.
+ Gebruik altyd die weerhoudingstelsel.
+ Maak seker dat die aanhegtoestelle vir die
bababedjie-, sitplek- of karstoeltjie-eenhede korrek
aangesluit is vóór gebruik.
+ Dié produk is nie geskik vir hardloop of skaats nie.
+ Die Joolz Geo² -bababedjie en sitplekeenhede is
slegs verenigbaar met die Joolz Geo² -onderstel en
omgekeerd.
+ Moenie 'n ekstra matras gebruik nie.
+ Enige lading wat aan die kante en/of stuur van die
Joolz Geo²-stootwaentjie gehang word, kan die
stabiliteit daarvan affekteer.
+ Die Joolz Geo² -bababedjie of sitplekeenhede kan
elk net een passasier dra.
+ Gebruik net liggaamsitplekke, karstoeltjies,
vervangingsonderdele en bybehore wat deur Joolz
goedgekeur is.
WAARSKUWINGS
VIR DIE DRABEDJIE
+ Die Joolz Geo² -bababedjie is geskik vir 'n kind wat
nie alleen kan regopsit, omrol of hom-/haarself op
sy/haar hande en knie kan opdruk nie. Maksimum
gewig van die kind: 9 kg.
+ Dié produk is slegs geskik vir 'n kind wat nie sonder
ondersteuning kan regopsit nie.
+ Gebruik slegs op 'n ferm, horisontaal-gelyk en droë
oppervlak.
+ Moenie toelaat dat ander kinders sonder toesig naby
die drabedjie speel nie.
+ Moenie die drabedjie gebruik as enige deel daarvan
gebreek, geskeur of weg is nie.
108
Joolz - Manual - Geo2 - EMEA.indd 108-109
+ Vir karstoeltjies in kombinasie met die Joolz Geo²
onderstel: dié voertuig vervang nie 'n bababedjie
of 'n bed nie. As dit nodig word vir jou kind om te
slaap moet hy/sy in die Geo² stootwaentjieromp,
bababedjie of 'n bed neergelê word.
+ Moenie die stootwaentjie gebruik as enige van die
onderdele beskadig, geskeur of weg is nie.
+ Gebruik altyd die rotasieslot op die voorwiele
wanneer die stootwaentjie toegevou word. Versuim
om dit te doen kan lei tot obstruksie van die bande,
wat vervorming kan veroorsaak, veral in 'n warm
omgewing.
+ Koppel altyd die remme wanneer kinders in die
waentjie geplaas, of daaruit gehaal word.
+ Moenie bybehore wat nie deur Joolz beskikbaar
gestel word nie, gebruik nie.
+ Gebruik slegs onderdele wat deur Joolz verskaf of
aanbeveel word.
+ Dié sitplek is bedoel vir kinders van 6 maande tot 'n
maksimum gewig van 22 kg/48.5 lbs.
+ Die maksimum gewig van die inkopiemandjie is 10 kg.
+ Deur pakkies, bykomende items en/of ekstra gewig
by te sit, kan gevaarlike onstabiele toestande
veroorsaak word.
+ Hou die Joolz Geo² weg van oop vure of ander
hittebronne, soos elektriese staafverwarmers,
gasvure, ens.
+ Die stuur en die onderkant van die drabedjie moet
gereeld nagegaan word vir tekens van skade of
verweer.
+ Maak vóór gebruik altyd seker dat die bufferstaaf
korrek aan die bababedjie-/sitplekeenhede
gekoppel is.
+ Die kind in die drabedjie se kop moet nooit laer as
sy/haar liggaam wees nie.
+ Moenie 'n ekstra matras bo-op die matras wat deur
Joolz verskaf is, plaas nie.
ONDERHOUD / WASINSTRUKSIES
Maak die materiaal met louwarm water en seep skoon.
Spoel dit met vars water en laat dit droog word. Moet
nooit bleikmiddels of ander chemiese reinigers gebruik
nie. Behandel die wiele en metaaldele periodiek
(ongeveer een keer per maand) met Teflon- of
silikonsproei om seker te maak dat die stootwaentjie
aanhou om glad te loop.
Die aluminiumdele van jou Geo²-stootwaentjie
is geanodiseer om dit te beskerm teen eksterne
invloede soos korrosie. Geanodiseerde aluminium-
onderdele kan beskadig word deur suurreinigers of
vetterigheid, en dit kan vlekke of verkleuring van die
aluminiumonderdele veroorsaak. Daarom raai ons jou
aan om die aluminiumonderdele van jou stootwaentjie
met warm water en 'n sagte doek skoon te maak.
WAARBORG
Joolz bied 'n lewenslange waarborg op die
Joolz Geo². Die waarborg dek alle materiale en
vervaardigingfoute, maar nie die omruil of teruggee
van die produk nie. Om vir die lewenslange waarborg
te kwalifiseer moet jy net binne ses maande ná
aankoop jou Joolz-stootwaentjie op register.joolz.
com registreer en jou oorspronklike aankoopbewys
met die aankoopdatum bewaar. As jy nie jou Joolz-
stootwaentjie binne ses maande ná aankope registreer
nie, sal jy 'n twee-jaar-waarborg ontvang.
Die waarborg is slegs geldig as jy die volgende items
saam met die defektiewe produk aan jou handelaar
beskikbaar stel:
1) Jou waarborg-sertifikaat
2) Enige vorm van persoonlike identifikasie
3) 'N afskrif van die aankoopbewys (met die
aankoopdatum)
4) 'N gedetailleerde beskrywing van die defek.
Jy sal die waarborgsertifikaat ontvang nadat jy
jou Joolz-stootwaentjie op ons webblad
(register.joolz.com) geregistreer het.
As die handelaar jou nie kan help met jou klagte nie,
kontak asseblief vir Joolz. Let wel, enige herstelwerk
verleng nie die waarborgperiode nie.
DIE WAARBORG DEK NIE:
1) Defekte wat deur normale slytasie, soos uitgewerkte
wiele en tekstiel wat deur alledaagse gebruik
verweer is, krappe op die aluminium en/of metaal
en natuurlike verkleuring van materiale wat deur
die verloop van tyd veroorsaak is, of skade wat
ontstaan deur nie die instandhoudinginstruksies te
volg nie.
2) Skade aan die wiele, soos gate en skeure.
3) Skade veroorsaak deur ongelukke, verkeerde
gebruik, nalatigheid, brand, kontak met
vloeistowwe of ander eksterne oorsake.
4) Skade veroorsaak deur nienakoming van die
instruksiehandleiding, instruksiefilms of ander Joolz-
riglyne.
5) Skade veroorsaak deur 'n ander produk, met
inbegrip van bybehore.
6) Skade veroorsaak deur diens of herstelwerk
gedoen deur iemand wat nie 'n amptelike
verteenwoordiger van Joolz is nie.
7) Diefstal.
8) Lugvervoer of vragskade.
Veiligheid was'n belangrike oorweging deur die hele
ontwikkelingsproses van die Joolz Geo²-stootwaentjie
en bababedjie. Derhalwe voldoen ons produkte aan
die hoogste veiligheidstandaarde:
Europa: EN 1888:2012 / EN 1466:2014/AC: 2015
Verenigde State: ASTM F833-15 / ASTM F2050-16
Kanada: SOR/2016-167
Australië: AS/NZS 2088:2013
Besoek asseblief joolz.com, facebook.com/myjoolz of
kontak u handelaar vir enige vrae en/of kommentaar.
instruction manual
Joolz Geo
01-10-18 12:20
109
2

Quicklinks ausblenden:

Werbung

Inhaltsverzeichnis
loading

Verwandte Produkte für JOOLZ Geo 2

Inhaltsverzeichnis