Herunterladen Inhalt Inhalt Diese Seite drucken

Mellerware Rider Lithium Bedienungsanleitung Seite 17

Bodenstaubsauger
Inhaltsverzeichnis
Verfügbare Sprachen
  • DE

Verfügbare Sprachen

  • DEUTSCH, seite 31
- Moenie die kragprop met nat hande aanraak
nie.
- Moenie die toestel gebruik as die kabel of
kragprop beskadig is nie.
- As enige van die toebehorevoerings breek, trek
onmiddellik die toestel se kragprop uit die krag-
toevoer om die moontlikheid van 'n elektriese
skok te voorkom.
- Moenie die toestel gebruik as dit op die vloer
geval het nie, as daar tekens van beskadiging
is of as dit 'n lekplek het.
- Vermy alle kontak met die vloeistof wat van die
battery vrygestel kan word. In geval van oog-
kontak, was dit deeglik en kry mediese advies.
Die vloeistof wat uit die battery spoel, kan irrita-
sie of brandwonde veroorsaak.
- Moet nie die toestel buitekant gebruik of stoor
nie.
- Moenie die toestel in die reën laat of aan vog
blootstel nie. As water in die toestel kom, sal dit
die risiko van elektriese skok verhoog.
GEBRUIK EN VERSORGING:
- Moenie die toestel gebruik sonder dat die
filter(s) behoorlik op hul plekke is nie.
- Moenie die toestel gebruik as die toebehore nie
behoorlik pas nie.
- Moenie die toestel gebruik om water of enige
ander vloeistof op te gaar nie.
- Moenie die toestel gebruik as die aan/af-skake-
laar nie werk nie.
- Maak seker dat die MAKSIMUMVLAK-aanwy-
ser behoorlik gebruik word. (Diagram 1)
- Hierdie toestel is slegs vir huishoudelike
gebruik en nie vir industriële of professionele
gebruik nie.
- Berg hierdie toestel buite die bereik van kinders
en/of persone met beperkte fisiese, sensoriese
of verlaagde verstandelike vermoëns of wat 'n
gebrek aan ondervinding en kennis het.
- Moenie werk op oppervlaktes waar daar me-
taalvoorwerpe is soos spykers en/of skroewe
nie.
- Moet nooit warm of skerp voorwerpe stofsuig
(sigaretstompe, as, spykers, ens.) nie.
- Moenie die battery/e onder enige omstandighe-
de oopmaak nie.
- As die battery/e nie gebruik word nie, hou
dit weg van ander metaalvoorwerpe soos
skuifspelde, muntstukke, sleutels, skroewe ...
wat 'n terminaal na 'n ander kan koppel.
- Moenie 'n kortsluiting by die batteryterminale
veroorsaak nie, aangesien dit 'n ontploffing of
brand kan veroorsaak.
- Die battery/e moet teen 'n temperatuur van
minder as 40ºC gestoor word.
- Gebruik slegs die toestel om droë take uit te
voer.
- Moet nooit die toestel aangeskakel hou of
sonder toesig laat indien dit nie gebruik word
nie. Dit bespaar energie en verleng die lewe
van die toestel.
- Moenie die toestel op enige deel van die lig-
gaam van 'n persoon of dier gebruik nie.
- Herlaai die battery/e slegs met die laaier wat
deur die vervaardiger verskaf word. 'n Laaier
wat geskik is vir een tipe battery, kan 'n ont-
ploffing of brandgevaar veroorsaak wanneer dit
met ander batterye gebruik word.
- Gebruik die toestel slegs met die battery/e
waarvoor dit spesifiek ontwerp is. Die gebruik
van enige ander battery/e kan 'n ontploffing of
brandgevaar veroorsaak.
DIENS:
- Maak seker dat die toestel slegs deur spe-
sialispersoneel gediens word, en dat slegs
oorspronklike onderdele of toebehore gebruik
word om bestaande onderdele/toebehore te
vervang.
- Enige misbruik of versuim om die gebruiks-
aanwysings te volg, maak die waarborg en
die aanspreeklikheid van die vervaardiger
ongeldig.
Inhaltsverzeichnis
loading

Inhaltsverzeichnis